Mostrando resultados para "chris karsten"
Mostrando 1 - 12 de 24 resultados
El contenido para adultos es visible.
2017
AF
Elf jaar gelede is Ella Neser se pa amper noodlottig gewond. En nou, jare later, word die skuldige, Arthur Wilky, weens goeie gedrag op parool vrygelaat. Binne weke is daar egter nuwe moorde – en van die slagoffers is voormalige tronkmaats van Wilky. Ella kan nie begryp hoekom haar speurderkollegas nie die verbintenisse tussen die verskillende moorde raaksien nie. Wat van die motlyke wat telkens by die moordtonele figureer? Selfs kaptein Silas wil nie ag slaan op haar vermoedens nie . . . ...
$234.00 MXN
2019
AF
“Daar is spore doodgevee. Iemand het die opdrag gegee vir wat met daai vyf moet gebeur. En ek wil weet wie.” Daar is raaisels wat spook by Wim Kellerman, twee jaar ná die dood van Jack Niemand. Hy en Portis praat min daaroor waar hulle woel in die kweekhuis van Wim se skoenlapperboerdery op Wildernis. Maar dit bly sluimer tussen hulle. Want wat het geword van Portis se vyf jeugvriende wat in daai verskriklike jare van die tagtigs vermis geraak het? En hoekom is die lyke van Simon Pope, die...
$271.00 MXN
2016
AF
Ella Neser, befaamde speurder uit die Abel-trilogie en meer onlangs, Die verdwyning van Billy Katz, is weer op die spoor van ’n raaiselagtige moord. In ’n voorstad van Johannesburg word Clara Heyns, voorbeeldige moeder van twee en weldoener van die gemeenskap, dood gevind met engelvlerke aan. Haar man is die hoofverdagte maar dan forseer die polisiehoof haar om elders oplossings te vind. Hoekom? Te midde van kantoorpolitiek vind Ella boonop uit daar is ’n rooikop wat by haar geliefde Lou u...
$234.00 MXN
2021
AF
Wanneer Harry asemskep tussen sy omswerwinge deur Afrika, kom kuier hy by sy geliefde ma in Johannesburg. Gusta is veral na aan sy hart ná sy pa haar vir ’n jonger pop gelos het. Gelukkig weet Harry sy is veilig daar bo in haar luukse penthouse in Ponte Towers. Teen die tyd dat Harry in Oos-Afrika opgespoor word, is sy ma al dae lank dood. Harry kry die reuk van ’n groot gekonkel. Nie eens daai parmantige Ella Neser gaan hom keer nie. Nog ’n hoogtepunt in Chris Karsten se Ella Neser-oeuvre...
$234.00 MXN
Man uit die dode
'n Ella Neser-roman
2020
AF
Danksy die virus is Ella terug van haar seevaart rondom die Karibiese Eilande, nou sonder werk en platsak. Lou oorreed haar om ’n ondersoek te loods na drie vermiste jong mans op Osspruit, in Mpumalanga. Die drie het oënskynlik besluit om weg te loop . . . Dis net die eksentrieke gastehuis-eienaar Cornelissen wat meer sinistere gebeure vermoed. Hoe dieper Ella begin krap, hoe meer besef sy daar ís ’n gewetenlose brein wat agteraf konkel. Dit verskyn eers as vervolgverhaal op Netwerk24.
$176.00 MXN
2013
AF
Naaswenner in NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd (2012) Op ’n fynbosplaas in die Langkloof word die oorskot van vier jongmense gevind. Onder dié wat antwoorde soek, is die amper-afgetrede joernalis Luther en die Struggle-veteraan Mosman. Mosman is direkteur van ’n obskure intelligensieafdeling, bemoeid met die identifikasie van die oorskot van dié wat verdwyn het tydens die geweldadige doodsnikke van apartheid, en die opsporing van hul moordenaars. ’n Naam in ’n sprokiesboek le...
$234.00 MXN
2014
AF
Wanneer ’n nagklubbaas die katelknaap van sy minnares laat vermoor deur ’n eksentrieke huurmoordenaar, loop hy hom vas in die vermoorde se familie, die Hartslief-clan van Brixton. Elie Hartslief is die brein; Antie Engel met haar sopkombuis en sesde sintuig die hart; neef Boela met die slaghuis, die spiere; en die verfynde Moks met sy helderkleurige mohican en daggakoekies die bek. Elie is deesdae amper respektabel en mnr. Morkel van Morkel Wealth se regterhand, maar sy broer se moord nood...
$266.00 MXN
2015
AF
Moordspeurder Ella Neser is terug. Erg hees en met ’n bewing in haar hande wat sy nie vir kolonel Silas Sauls kan wegsteek nie. Maar sy is verbete om haar ou self te herwin. Wanneer sy aangesê word om die spoor te vat van vier geamputeerde voete, ontmoet sy die onkonvensionele oud-speurder Lou Pepler, wat twee dekades gelede die verdwyning van Billy Katz moes probeer oplos. Wat het ’n begrafnisondernemer gemeen met Billy se verdwyning soveel jaar gelede? En is stink Attie regtig verantwoor...
$271.00 MXN
2020
AF
Ella Neser is terug van haar Karibiese skeepsvaart, en soort van terug in Lou se arms. Haar nuwe opdrag, as private speurder, is 'n bisarre een. Donna Maas, eggenoot van die sielkundige Thomas Maas, is oortuig haar man het 'n skelmpie. En dit is Ella se taak om dit te bewys. Die roman begin egter by die einde, waar Ella haar verslag optik. Daar is 'n moord gepleeg, maar wie is die slagoffer en wie die skurk? 'n Verbysterende roman deur een van die top- spanningsromanskrywers in Afrikaans.
$234.00 MXN
2024
AF
Ella Neser en Lou Pepler werk weer – soort van – saam as private ondersoekers by Pepler en kie. Maar die dag voordat Ella op pad is Brugge toe (na Harry Grimbeek – hartedief, volgens Pepler), daag ’n verlangse familielid van Lou se eks op en smeek om hulp. ’n Donker reis wag op die twee gesoute speurders van Linden, Johannesburg . . .
$250.00 MXN
Boos en Bisar
- wrede Suid-Afrikaanse misdade met 'n kinkel
2011
AF
Barbaarse misdade is deel van die Suid-Afrikaanse werklikheid, en hier is tien bondige en spannende oorvertellings van sommige van die verfoeilikste gebeure nog, dikwels met ’n grieselrige en onheilspellende kinkel. Alison glo haar oorlewing van die onbeskryflike wrede aanval deur twee (met-die-duiwel?) besetenes is aan wonderwerke te danke. Ewe boos en bisar is die optredes van die psigopatiese skroewedraaiermaniak, die pedofiel wat die skuld aan die deur van sy meervoudige persoonlikhede...
$254.00 MXN
2012
AF
Abel Lotz bewerk die velle van diertjies om te verruil vir die maskers en tsantsas uit Afrika en Suid-Amerika wat hy in sy galery in Johannesburg verkoop. Vir sy vyftigste verjaarsdag soek Abel ontwerpe vir die omslae van sy Kosmiese Joernale. En ’n nuwe gesig.
$234.00 MXN











