Showing results for "madelein rust"
Showing 1 - 12 of 19 Results
Adult content is visible.
2024
AF
Bessie se hangkasbiblioteek is propvol heimwee en humor, met uiteenlopende karakters net so kleurryk soos die boeke in Bessie se spaarkamerhangkas. Madelein Rust op haar beste!
£9.09
2025
AF
In Drie moorde in die Baai bewys Madelein Rust weer eens hoe naatloos sy tussen genres kan beweeg. Dié spanningsvolle en skerpsinnige intrige is boonop propvol kwinkslae én ontluikende romanse.
£9.39
2023
AF
Madelein Rust se Siembamba is ’n naelbyt-riller. Angswekkend, aksiebelaaid en propvol familiesages en onvoorspelbare intriges.
£9.39
2021
AF
Wat wag daar om ontdek te word net vyf en twintig trappe na benede?Wanneer Rene Verster-Roux haar swart gewaad, donker grimering en skarlakenlipstif aansit, klim sy trap vir trap af na die wreld van haar alterego. As Lisb is synie meer die swartskaapdogter van die ryk Versters nie, maar A bedrewe knoeierwat haar voordoen as A waarser om haar trust fonds aan te vul. Vir haar is Janine Oosterhuis, A doktersvrou wat oortuig is haar man wil haarvermoor, presies die tipe klint wat sy soek: skat...
£8.79
2019
AF
Is dit 'n vergeldingsdrang wat iemand laat moor, of kan dit die psigologiese nagevolge van traumatiese kinderjare wees? Magdalena Bakkes moor vir die derde keer in haar lewe en kies om te vlug, gedring deur die moeras van molestering en geweld wat haar kinderjare gekenmerk het. Niemand behalwe die onbekende vrou wat haar help wegkom, weet van die verkragting nie. En niemand sal weet dat Magdalena haar aanvaller se lewe geneem het nie. Sy sal nooit weer in 'n sel sit nie, al kos dit wat. Sy...
£8.79
2014
AF
Belia, 'n forensiese sielkundige, werk saam met 'n span van die polisie om 'n reeksmoordenaar vas te trek wat doelbewus leidrade op die misdaadtoneel laat. Later weet sy wie die volgende slagoffer is.
£10.09
Van vrees na vrede
Hoe my ongeneeslike kanker my leer leef het
2023
AF
As jy met 'n terminale siekte gediagnoseer is, het jy twee keuses: Bly lê of staan op en leef. In hierdie praktiese boek ondersoek skrywer Madelein Rust hoe om te leef, nou dat sy besig is om dood te gaan. Sy benader haar komende dood op ’n praktiese manier en trek so die dood se angel, vir haarself maar ook vir die siek persoon en hul geliefdes.
£7.39
2022
AF
In Junie 2070 skenk die 27-jarige Jenesis Baron geboorte aan ’n tweeling in haar woonstel in Xin Xianggang. Maar swangerskap sonder ’n toestemmingspermit van die owerhede is taboe, en die pasgeborenes word deur generaal Ben Wagner uitgesnuffel en aan die MediBot oorhandig. Genadedood noem hulle dit. Want, sê die regering, daar is nie genoeg kos, water en blyplek vir almal nie. Moederland bied ’n fassinerende blik op die toekoms. ’n Puik nagevorsde, aksiebelaaide riller.
£9.39
2017
AF
Doktor Renata Malan ondersoek die grusame byldood van die Gainsfordtweeling en bevind haar gou kniediep in 'n spinnerak van hebsug en haat terwyl die verdagtes se geraamtes een na die ander uit die kas tuimel.
£8.79
2020
AF
In Madelein Rust se sewende misdaadroman veg 'n forensiese sielkundige teen 'n demoon-uitdrywer maar ook teen haar eie demone. Sy word van 'n las verlig maar nie sonder dat sy verloor wat vir haar dierbaar was nie.
£8.99
2016
AF
Renata Malan, 'n privaat ondersoeker, se pa is ter dood veroordeel vir moord maar het ontsnap. Nou ondersoek Renata 'n reeks moorde waarvan die leidrade al hoe sterker na haar pa wys.
£10.09
2015
AF
Renata, 'n forensiese sielkundige, ondersoek 'n saak waarin 'n sestienjarige meisie gesterf het: volgens die polisie was dit selfmoord en volgens die oorledene se familie was dit nie. Renata glo laasgenoemde maar sy het bewyse daarvoor nodig.
£10.09











