Skip to main content

Panier

Vous profitez des avantages réservés aux VIP !

Article(s) non disponible(s) à la vente
Veuillez vérifier votre panier. Vous pouvez supprimer le ou les articles qui ne sont pas disponibles maintenant ou nous les supprimerons automatiquement au moment du règlement de la commande.
articlesarticle
articlesarticle

Recommandé pour vous

Loading...

eBooks Nouvelles

Si vous aimez les titres Nouvelles, vous allez adorer cette sélection.
Affichage de 1 à 24 sur 104 résultats
Skip side bar filters
  • 150 Stories

    par Nataniël ...
    Hierdie omvangryke versameling van die bekende en gewilde Nataniël se verhoogverhale is die ideale Kersgeskenk! Nataniël is een van Suid-Afrika se meester-storievertellers op die verhoog. Sy unieke stem en styl, sy spitsvondige en skerpsinnige humor, sy deernis vir die verskoppelinge en verstotelinge, dit alles maak hom ’n belangrike stem in ons kultuur en samelewing. Die versameling sluit in byna ... En savoir plus

    $18.99 CAD

  • Die Beste Spookstories van C.J Langenhoven

    par Danie Botha ...
    ’n Spierwit geraamte wat teen kranse uitklim. ’n Skrikaanjaende gedaante wat uit ’n rookwolkie vorm aanneem. Die vaskyk in die gesig van ’n dooie … met een oog wat nog lewe! Hierdie grieselige spookstories dateer van die begin van die vorige eeu, maar die indrukwekkende vertellings, ongewone intriges en ontknopings hou lesers vandag nog net so hoendervel en vasgenael soos destyds. C.J. Langenhoven ... En savoir plus

    $14.99 CAD

  • 21+

    par Jan Rabie ...
    Hierdie surrealistiese kortprosas met digterlike aanwending van die woord is beduidend anders as die tradisionele realistiese kortverhaal in Afrikaans. Temas soos die samelewing se skuld aan die ondergang van die individu (“Die man met die swaar been”); die verskrikking van die uitwissing van die Jode in die Tweede Wêreldoorlog (“Die nuwe piramides”) en die impak van eerste liefde (“Die dag van ... En savoir plus

    $11.99 CAD

  • Die ballade van Robbie de Wee en ander verhale

    par Deon Meyer ...
    Deon Meyer se Bottervisse in die jêm was só gewild dat dit keer op keer herdruk is. Hier is dié lekkerleesverhale nou in ’n splinternuwe, hersiene gedaante. Die ballade van Robbie de Wee en ander verhale sluit boonop vyf verhale in wat nog nooit voorheen gebundel is nie, onder meer die titelverhaal wat oorsprong gegee het aan die gelyknamige trefferfilm. In hierdie versameling ontlok elke storie ... En savoir plus

    $18.09 CAD

  • Koms van die Elwe

    par Arnold Lacock ...
    DIT was in 'n tyd voor tyd bestaan het. Na die planeet sy barenskors afgeskud het en die plante en bome hul wortels in die nuwe aarde geanker het. Toe die waters hulself verenig het en die berge hulle staanplek opgeëis het.Maar 'n sluwe dier is uit die verrotte opdrifsels van die eerste aardkors gevorm. Na die slym van eeue van sy lyf gedrup het, het die nagwind van die verborge maan asem in hom ... En savoir plus

    Gratuit

  • Die Afrikaanse Kortverhaalboek

    Sewende, hersiene uitgawe

    Die sewende hersiene uitgawe van hierdie standaardwerk en bekende bloemlesing wat al baie lank beskou word as die barometer van die kortverhaalgenre in Afrikaans. Die nuwe uitgawe sluit 133 verhale van 81 skrywers in. Die chronologiese volgorde, wat oor ’n tydperk van byna 120 jaar strek, gee ’n goeie oorsig van die ontwikkeling van hierdie genre in Afrikaans. Dis die ideale geskenk vir iemand wat ... En savoir plus

    $19.99 CAD

  • Dik Dun Thick Thin

    Stories

    par Nataniël ...
    'n Splinternuwe, skitterende versameling kortverhale deur Nataniël. 20 in Afrikaans en 8 in Engels. Skreeusnaaks, aangrypend, wys, onvoorspelbaar en -- soos altyd -- hoogs vermaaklik. Soos gewoonlik delf hy goud uit sy kinderjare -- oor sy ouers, sy ouma -- maar daar is ook fantastiese en fantasmagoriese verhale oor sy lewe as sanger op plattelandse dorpies, oor 'n vreemdeling wat hom een aand in ... En savoir plus

    $12.99 CAD

  • Leë blikkies vol liefde en ander verhale

    ’n Eerste Addisionele Taal Kortverhaalbundel vir die Senior Fase

    'n Splinternuwe bundel kortverhale vir leerders in Gr 7-9 wat Afrikaans Eerste Addisionele Taal neem. Die aanslag is perfek vir klasgebruik met woordelyste, 'n kort opsomming van elke verhaal asook vrae en aktiwiteite na afloop van die lees. 'n Memorandum sal by nb.co.za afgelaai kan word. ... En savoir plus

    $10.89 CAD

  • Draaie, swaaie en afdwaalpaaie:

    reisstories

    Corlia Fourie en Annelize van Rooyen bring reisstories deur 46 skrywers byeen, o.a. Marita van der Vyver, Kirby van der Merwe, Sophia Kapp, Jacques Pauw, Irma Joubert, Julian Jansen, C. Johan Bakkes, Bettina Wyngaard en Frederik de Jager. Die skrywers vertel van verrassende gebeure tydens reise, met snaakse, bittersoet of heuglike gevolge. ... En savoir plus

    $14.49 CAD

  • 'n Amerikaner in Rome

    par Claudio Ruggeri ...
    Die lewe is gemaak vir ontmoetings, in hierdie boek word daar van een so ontmoeting vertel. Dit is 'n eenvoudige storie, een wat tydens 'n somermiddag oor die tafels van 'n kroeg gehoor kan word ... En savoir plus

    $0.99 CAD

  • Die Beste verhale van Eugène N. Marais

    Die enigmatiese digter, verteller en wetenskaplike Eugène N. Marais bly een van die boeiendste en raaiselagtige figure in die Afrikaanse letterkunde. Vir elke leser wat sy pragtige gedig “Winternag” of die weergalose Dwaalstories ken, is hy die skrywer van werke wat jou lank bybly. In hierdie heruitgawe verskyn die skrywer se beste en mees onderhoudende kortverhale, soos uitgesoek deur Merwe ... En savoir plus

    $17.39 CAD

  • SA Toere en Avonture

    par Estelle Smit ...
    Milly het stil middae en tee op haar ouderdom verwag—nie nog 'n avontuur nie. Maar toe die Cotswold-reën te veel raak, het sy en Reggy Suid Afrika kom verken.Hierdie Humoristiese versameling volg Milly en Reggy van Engeland tot Suid-Afrika . Hulle het Suid Afrika verken vanaf, Kaapstad tot Mphumalanga. Reggy, ñ knorrige ou man se humor het altyd ñ glimlag veroorsaak. Met droë humor en skerp ... En savoir plus

    $5.99 CAD ou Gratuit avec Kobo Plus

  • Se amen

    par Sofia Smit ...
    Sofia en haar man Basjan open 'n gastehuis, Blikkantien, op 'n beeldskone Karoodorpie. Hierdie bundel &quote;Se Amen&quote;-rubrieke wat in die Vrouekeur verskyn het, bied 'n blik op die mense en gebeure wat hul lewe raak. ... En savoir plus

    $13.99 CAD

  • Stories van Ouds

    par Marleen Swart ...
    Stories van ouds is 'n kort verhaal bundel wat 14 kort verhale bevat. Al die verhale is gebasseer en geinspireer op ware verhale, uitgehaal uit die diepste herrineringe van mense en aangepas om die leser se verbeelding te prikkel. Die kort verhale vertel 'n storie uit 'n sekere tydsera waarin mense gewoon het. Stories vanuit die tweede wêreld oorlog, toe daar nog nie televisie was nie, tot en met ... En savoir plus

    $8.99 CAD ou Gratuit avec Kobo Plus

  • Net vier dae om te lewe!

    'n Versameling Afrikaanse stoepstories oor die lewe se humor, hartseer en onverwagse draaie.

    NET VIER DAE OM TE LEWE!Hierdie e-boek is geskryf deur Chris Opperman op sy tagtigjarige ouderdom en is die eerste boek wat hy skryf.Elkeen van ons het unieke stories om te vertel, van wat alles in ons lewe gebeur het en die tragiese daarvan is dat bitter min van ons die stories vasvang op swart en wit, vir ons nageslagte om te lees en te geniet. Wanneer die dood op die drumpel van jou deur kom ... En savoir plus

    $4.13 CAD ou Gratuit avec Kobo Plus

  • Die plesierboom

    Elke dag se ervarings in die lewe van ’n gewone huisvrou, dit is die boustof van hierdie essays. Maar soos die storiekoning van ouds die dinge wat hy aanraak in goud kon verander, so het Audrey Blignault die slag om uit die eenvoudige belewenisse van ’n huisvrou glansende avonture en kosbare kleinode van die gees op te tower. Hierdie slag het sy te danke nie alleen aan haar fyn oor en oog (’n oog ... En savoir plus

    $14.29 CAD

  • Mombakkies: Stories, Idille en Fabelliepies

    Hierdie ligte lees boek is vol kort stories, gedigte en opgemaakte waarhede. Die titel "Mombakkies" verwys na my liefde vir die Afrikaanse taal en die gebruik van gevleuelde woorde. Dit verwys ook na die manier waarop ons almal maskers dra deur die lewe en dan ook deur die lees van hierdie stories en gedigte uitgewys word. Net miskien sien jy 'n weerspieëling van jouself in 'n storie of twee. Van ... En savoir plus

    $7.99 CAD ou Gratuit avec Kobo Plus

  • Vatmaar

    ’n Lewendagge verhaal van ’n tyd wat nie meer is nie

    par AHM Scholtz ...
    Vatmaar vertel die boeiende verhaal van ’n klein gemeenskappie buite Kimberley, van die draai van die eeu tot ongeveer 1930. Die leser word bekend gestel aan ’n magdom fassinerende karakters – Oom Chai, Ta Vuurmaak, Domanie Frans Kiewiet, Boitjie Afrika, oom Flip en sus Bet – sowel as aan nuwe perspektiewe op bekende historiese gebeure. ’n Mens se oorweldigende indruk is een van diepe menslikheid ... En savoir plus

    $17.99 CAD

  • Die ou vrou en die priester en ander verhale

    par Cecile Cilliers ...
    Van 1981 tot 2014 skryf Cecile Cilliers rubrieke vir Beeld, De Kat en Sarie. Deur die jare het sy etlike bydraes vir verskillende bundels gemaak, maar Die ou vrou en die priester is haar eerste eie kortverhaalbundel. Verskeie klassieke temas word onder die loep geneem: dit wat in 'n huwelik ongesê bly tussen man en vrou, die verwikkelde band tussen ma en dogter, die oorweldigende blindheid van 'n ... En savoir plus

    $11.99 CAD

  • Verhale van Erana

    par A L Butcher ...
    Verhale van Erana: Mites en LegendesIn 'n wêreld waar magie onwettig is, en elwe wat verslaaf is, durf jy die verhale van ouds hoor? Vyf verhale van mite, towery en monstersDie Maan op die Water: die verhaal van liefde tussen 'n godin en 'n vegter en die verskriklike vloek wat dit meegebring het.Die Verhaal van Treyna die Geliefde: Wanneer 'n sterflike vrou agtervolg word deur twee mededingende ... En savoir plus

    $1.99 CAD

  • Tien lukrake en baie kort kortverhale

    Beskrywing van die bundel:Die bundel bevat tien lukrake kortverhale. Van die kortverhale is snaaks, ander is afgryslik, maar die meeste van die kortverhale is bloot vreemd.Die bundel bevat die volgende kortverhale:100 Tinder DatesMoord op die Ghan‘n Sprokies-troue‘n Hoëvlak-tenniswedstryd!Nuuskierigheid het die kat geredGeldwassery in die wasseryDie soeke na die sluier van Pachamama</p... ... En savoir plus

    $0.99 CAD

  • Die rooikop en die redakteur en ander stories

    1955–1959

    par André Brink ...
    In hierdie versamelbundel bring H&R vroeë verhale deur een van Afrikaans se belangrikste skrywers in een band byeen. Vóór die Sestiger-beweging en internasionale literêre aansien het André Brink sy loopbaan begin as skrywer van spannings- en liefdesverhale met. Die vermaaklike stories in dié bundel het gedurende die 50’s in die Die Huisgenoot en Die Brandwag verskyn. ’n Kombinasie van Brink se ... En savoir plus

    $13.99 CAD

  • Liefs nie op straat nie

    par John Miles ...
    John Miles se gevierde debuut. Hier is kort-kortverhale wat fokus op geweldpleging en skokkende gebeurtenisse, asof dit uit alledaagse dagbladberigte geneem is. Dit is gedetailleerde verhale wat raakpunte het met tradisionele spanningsverhale, maar vertel vanuit ’n aweregse, ironiese, amper onbetrokke, vertellershoek, sodat dit die leser lank bybly. ... En savoir plus

    $11.99 CAD

  • Koöperasiestories

    par PG du Plessis ...
    PG du Plessis was een van Afrikaans se meestervertellers. En met Koöperasiestories wat ook as ’n televisiereeks uitgesaai is, het hy volksbesit geword. Hierdie heruitgawe is ’n keur van die gewildste humoristiese kortverhale oor die lief en die leed van die mense in die dorp Gezinasrus. Flambojante karakters soos Veldsman, Genis, Vissertjie, Myta, Oom Botes en die Pieterses kruip ten spyte hulle ... En savoir plus

    $11.99 CAD